As Ek Eendag Ophou Droom

Juba

Intro: (x2) As ek eendag ophou droom En ek wil nie langer wag nie Moet jy my vir oulaas saam vat Na die kamers van jou hart Want 'n lewe sonder rede Is 'n lewe sonder vrede En by jou sal ek rus vind As my gees alleen wil gaan Van net een ding is ek seker Almal drink uit daardie beker Want uit stof is ek hier En in stof sal ek vergaan Daar is nie tyd vir mors nie Ek is nog glad nie dors nie Nou volg ek daardie lig Wat my toekoms sal bepaal As ek eendag ophou droom En ek wil nie langer wag nie Moet jy my vir oulaas saam vat Na die bosveld van my land Waar die bospatrysie roep Na die water lank verlore Waar die koedoebul met trots Op die horison gaan staan Net die veld en die vrede Gee my rus in die verlede En die rol van 'n kampvuur Is die asem van my siel As ek ook eendag stil word Wil ek na die bosveld luister Waar die jakkels se tjank Soos musiek klink in my oor As ek eendag ophou droom En ek wil nie langer wag nie Moet jy my vir oulaas saam vat Na die strande van my land Op 'n rots wil ek gaan sit En na botsende branders luister Vir die seemeeu wil ek kyk Wat in windstrome baljaar Instrumental As die water se blou Wat my weer laat dink aan jou In die drome van ons huisie Op 'n rots by Haroldsbaai As ek ook eendag stil word Gaan strooi my waar ek deel word Van die winde en die branders Wat vir ewig sal bestaan As ek eendag ophou droom En ek wil nie langer wag nie Moet jy my vir oulaas saam vat Na die kamers van jou hart Want 'n lewe sonder rede Is 'n lewe sonder vrede En by jou sal ek rus vind As my gees alleen wil gaan Key Change As ek eendag ophou droom En ek wil nie langer wag nie Moet jy my vir oulaas saam vat Na die kamers van jou hart Want 'n lewe sonder rede Is 'n lewe sonder vrede En by jou sal ek rus vind As my gees alleen wil gaan En by jou sal ek rus vind As my gees alleen wil gaan En by jou sal ek rus vind As my gees alleen wil gaan As my gees alleen wil gaan