Ek het 'n huisie by die see, dis nag Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan Teenaan die rots waarop my huisie staan Met al die oseaan se woeste krag Ek hoor die winde huil, 'n kreun, 'n klag Soos van verlore siele in hul nood Al dwalend, klagend, wat in graf en dood Geen rus kon vind nie maar nog soek en smag My vuurtjie brand my kersie gee sy lig Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite Hier binne is dit veilig, warm en dig. Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan Dit is 'n rots waarop my huisie staan.