Intro: verse 1 Daar staan ‘n kruis, vol liefde rooi. Waar Jesus self, die sondaar nooi, om al die seer en self probeer, te kom verruil vir soveel meer. 1 Ek is vry, waarlik vry, deur U bloed gestort vir my, genade vloei, waar God moes bloei, daar hang die kruis, die liefdes kruis. verse 2 Daar staan ‘n graf, wat leeg getuig, U triompfeer en vrees moet swyg, dit skree die dood, het doodgegaan, die lewensvors het opgestaan. Ek is vry, waarlik vry, want U leef, U leef in my, dit is volbring, U het oorwin, daar staan ‘n graf, ‘n leë graf. verse 3 Daar staan ‘n troon, met lof omring, waar skares kniel en altyd sing, kom kyk die Lam wat ewig heers, U sal ek dien, U sal ek vrees. Ek is vry, waarlik vry, een met U in heerskappy, die hemel buig, die nasies juig, daar staan ‘n Troon, die Hemeltroon. verse 4 Daar staan ‘n bruid, in heerlikheid, van elke volk en taal en tyd, in glorie glans, berei vir Hom, beminde van die bruidegom. Ek is vry, waarlik vry, U kom weer, U kom vir my, op daardie dag sal ek bly wag, en leef as bruid, U liefdes bruid. (x2) Outro en leef as bruid, U liefdes bruid.