verse 1 Onder in my whiskey glas sien ek jou weer onthou ek hoe ons was, maar nou's my hart so seer Die kroeg se deur is toe, wasem hang in donker lug Ek lig my glas op om te proe, maar voor my sien ek jou gesig Onder in my, onder in my, onder in my whiskey glas is jy nog aan my vas verse 2 Ek het jou verruil vir die droom van 'n duisend kontinente maar nou sien ek my glas se boom en ek tel my laaste sente Jy's orals in my hier vannag, ek voel jou in my lewe whiskey is hard en jy is sag jy is bo drank verhewe Onder in my, onder in my, onder in my whiskey glas is jy nog aan my vas Bridge Drie skepe moes my wegvoer na lande ver van hier maar daar's skimme op die vloer en visioene in my bier Ek weet ek was verkeerd gewees, my oë traan, my maag wil draai my drome was nog vis nog vlees, drie skepe het my hart verraai Onder in my, onder in my, onder in my whiskey glas is jy nog aan my vas

Watch the song video
Top songs from Koos Kombuis