Inleiding: Donker word die lug se blou Ek sit hier in my flat alleen Die lug is vars, die reën is stil Die aand se woel het skaars begin Ek's vreemdeling in Vreemde stad Niks branders oorkant hierdie pad My deur staan heeldag wawyd oop Maar nog net stilte het hier ingeloop Jou trane oor die telefoon Ek weet dis my verdiende loon My grootste fout, ek word ook oud Het jou laat agterbly om te wag vir my As alles om jou wegraak En die wêreld jou maar min traak As die mure om jou begin kraak Die gemmerbrandewyn min raak Tussen stegies en geboue In Burnettstraat se oggendkoue Word die wedloop tot stop gedwing Dan kom die stilte wat jou huis toe wil bring Woorde & musiek - Theuns Jordaan

Watch the song video
Top songs from Theuns Jordaan